Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat (11)

R185.00

Die elfde boek in die Lillie-reeks.

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selflees- or voorleesboekies is gemik op sesjariges tot negejariges.

Uit pure agtelosigheid lees Lillie op ’n dag HARDOP uit haar towerboek. Asof sy teen dié tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van ’n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die indruk dat sy ’n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek. Met net ’n raaisel as roetebeskrywing, gaan Lillie op die soektog na die Goue Grot. Sal Lillie dit vind, en hoe sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die Lillie-boeke word al sedert 1992 deur die Duitse uitgewer Arena Verlag uitgegee.  Knister en illustreerder Birgit Rieger het saam aan al meer as 40 titels gewerk, waarvan Lilli the Witch and the Magic Homework (“Lillie die heksie keer die skool op sy kop” – Protea 2013) die eerste is.

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

LESERSPROFIEL

Jong jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.285 kg
Mates 21.0 × 15.5 cm
Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Oktober 2015

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

136

ISBN

9781485301998

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat (11)" te beoordeel