Lea en die boelies

R190.00

Lea wil nie meer skool toe gaan nie, want dit is deesdae nie vir haar lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse is. Op ’n dag verloor Miems haar gunstelingpop se haarlint en voel baie hartseer daaroor. Maar Lea maak ’n slim plan om vir Miems te help en sy en die tweeling word vriende!

Lea en die boelies bespreek die sensitiewe tema van boeliegedrag, veral by skole, en is gebaseer op die skrywer se baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Lea wil nie meer skool toe gaan nie, want dit is deesdae nie vir haar lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse is. Op ’n dag verloor Miems haar gunstelingpop se haarlint en voel baie hartseer daaroor. Maar Lea maak ’n slim plan om vir Miems te help en sy en die tweeling word vriende!

Lea en die boelies bespreek die sensitiewe tema van boeliegedrag, veral by skole, en is gebaseer op die skrywer se baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Lea en die boelies is gebaseer op die suksesvolle Ben-reeks deur Zuléka Smit met soortgelyke temas wat by dogtertjies aanklank sal vind. Dit is die tweede boek in die gewilde Lea-reeks. Johann Strauss se bekoorlike illustrasies versier die bladsye en maak hierdie boek ekstra spesiaal en vol lewe vir die jongspan.

Sien ook Lea gaan skool toe.

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jong jeug

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 27.8 × 21.1 cm
Outeur

Zuleka Smit

Illustreerder

Johann Strauss

Verskyningsdatum

2025

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

32

ISBN

9781779881069

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lea en die boelies" te beoordeel

Jy mag ook hou van…