Kewer-bundel (3-in-1)

R300.00

Koop 3-in-1 en spaar!

Hierdie unieke avontuurryke reeks, vertaal deur Kobus Geldenhuys, sal menige kinderhart opgewonde laat klop en hulle heerlik laat skaterlag.

Kewerknaap (1)

PRYSWENNER!

Darkus kan sy oë nie glo toe hy ’n reuseinsek by sy aaklige nuwe buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene – of ses bene en ’n horing – en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar hoe kan ’n seun vriende wees met ’n gogga wat so groot soos ’n hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware?

Die antwoord is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se woonstel – as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om ondersoek in te stel …

Hierdie is die eerste boek van ’n kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.

 

 

4 in voorraad

Kewerkoningin (2)

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wêreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Hierdie is die tweede boek van die kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.

5 in voorraad

Kewerwraak (3)

Die keweravontuur duur voort soos Darkus en sy vriende opsoek gaan na die wrede Lucretia Cutter se geheime bioom in die Amasone. As hulle haar nie kan stop om haar wrede robot- en reusekewers vry te laat nie, sal die planeet nooit weer dieselfde wees nie.

Hierdie is die finale boek van die kewertrilogie en volg op Kewerknaap en Kewerkoningin. Die eerste hiervan was die wenner van die Branford Boase Toekenning in 2017.

 

 

5 in voorraad

4 in voorraad

Beskrywing

Boek 1,2 en 3 in die kewertrilogie!

 

OOR DIE OUTEUR

M.G. Leonard is ’n skrywer van boeke, gedigte en draaiboeke. Sy het ’n honneursgraad in Engelse letterkunde en ’n MA in Shakespeare Studies van King College in Londen. Sy werk in Londen as ’n senior digitale regisseur vir die Nasionale Teater, en was voorheen werksaam by die Royal Opera House en Shakespeare’s Globe. Sy was ook vroeër betrokke by die musiekindustrie en het as akteur en regisseur opgetree voordat sy besluit het om haar stories neer te skryf. Sy woon in Brighton saam met haar man en twee seuns.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

LESERSPROFIEL: 

Jeug en tieners

Vir liefhebbers van skrywers soos Roald Dahl en Lemony Snicket. Vir avontuurliefhebbers.

Addisionele Inligting

Gewig 1.5 kg
Mates 19.8 × 12.9 × 4.5 cm
Outeur

M.G. Leonard

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Omslag

Sagteband

Kewerknaap (1)

Outeur

M.G. Leonard

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Februarie 2017

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

301

ISBN

9781485307013

Kewerkoningin (2)

Outeur

M.G. Leonard

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Julie 2017

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

320

ISBN

978-1-4853-0786-0

Kewerwraak (3)

Outeur

M.G. Leonard

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Mei 2018

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

320

ISBN

978-1-4853-0894-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kewer-bundel (3-in-1)" te beoordeel
PRYSWENNER
Mandjie