Kammaland

R200.00

Kammaland is ‘n pragtige kinderboek met 13 bekende en onbekende stories, en pragtige illustrasies, uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner.

Dit is lekkerlees-stories vir voorlees aan jong kinders en selflees deur kinders in graad 3 en hoër, en is daarop gemik om die verbeeldingswêreld en avontuurlus van die jong kind te prikkel.

Ook beskikbaar in die reeks: Storieland, Kinderland, Avontuurland en Kleuterland. (Sien “bundels” om te spaar!)

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE ILLUSTREERDER

Die kleurvolle illustrasies is deur Liezl Potgieter gedoen wat ook Kleuterland illustreer het.

OOR DIE OUTEUR

Helena J. F. Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”.

LESERSPROFIEL

Voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Mates 24.0 × 16.8 cm
Outeur

Helena J. F. Lochner

Illustreerder

Liezl Potgieter

Verskyningsdatum

2012

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

144

ISBN

978-1-86919-557-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kammaland" te beoordeel
Mandjie