Beskrywing
AGTERGROND
Jinx het die ATKV-Woordveertjie gewen vir die selfleeskategorie: graad 6-7.
โn Opwindende jeugverhaal! As jy hou van toordery en towerspreuke, is hierdie die boek vir jou!
Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van โn gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m.
Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie. Onverklaarbare geskenke en ongelukke kom oor haar pad. Sy word gejinx. En sy wonder waarom juis sy?
Sy word deel van die wรชreld van illusies en towerkrag. Dit is die enigste manier hoe sy almal vir wie sy lief is kan beskerm. Maar haar suiwer hart wen die stryd, sy oorwin die wรชreld van kristalle en die kragte van die maan, en word beloon met liefde en vriendskap.
ย
OOR DIE OUTEUR
Celeste Slabber-Loriston het grootgeword in Hartebeespoort. Sy verwerf โn BDram IV-graad aan die einde van 1994 en beklee verskeie onderwysposte in die Wes-Kaap. Sy is tans woonagtig in Hermanus. Sy is mede-eienaar van Story Team, โn opvoedkundige teatermaatskappy wat teater as medium gebruik om kinders speel-speel te leer. Sy begin skryf in 2005. Haar kreatiewe skryfstyl wil graag haar leser deel maak van die wรชreld van die karakters. โEk het โn passie vir skryf en wil graag my lesers op โn opwindende reis van ontdekking stuur, waar fantasie deel word van die ervaring. Ek wil graag hรช my lesers moet verdwaal in die wonderlike wรชreld van stories, dat hulle nooit sal ophou lees nie.โ
LESERSPROFIEL
- ouer jeug, jong tiener








Resensies
Daar is tans geen resensies nie.