Jani Jonker gloei in die donker

R170.00

Een aand, terwyl Jani Jonker vuurvliegies jag, word sy verras deur ʼn besonder helder vuurvliegie. Maar toe die vuurvliegie haar byt, is sy minder beïndruk. Daardie aand in die bed gebeur ʼn vreemde ding. Jani begin in die donker glim! Sy besef sy gaan die bespotting van die skool wees. Hoe gaan sy die geheim vir haar klasmaats wegsteek? Wat sal sy doen as hulle uitvind Jani Jonker gloei in die donker.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlustige meisie wat mal is oor die buitelig. Een someraand, terwyl sy vuurvlieë jag, word sy verras deur ʼn besonder helder vuurvlieg. Maar toe die vuuvlieg haar byt, is sy minder beïndruk. Daardie aand in die bed gebeur ʼn vreemde ding. Jani begin in die donker skyn!

Sy besef dat om die enigste mens te wees wat gloei, haar die bespotting van die skool gaan maak. Hoe gaan sy hierdie geheim vir haar klasmaats wegsteek?

Ontdek die aangrypende verhaal van Jani en haar unieke avontuur in hierdie storie vol spanning en emosie.

 

OOR DIE OUTEUR

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 gebore in Welkom, en hy het ook daar skoolgegaan. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld. Daarna volg twee jaar nasionale diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds werk by Sanlam. Hy skryf in dié tyd in vir ‘n deeltydse kursus in Grafiese Ontwerp. Hy behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ‘n BA-graad in Sosiale Wetenskappe aan Unisa.

Fanie het reeds aan verskeie kunsuitstallings deelgeneem in Welkom, Bloemfontein en Kaapstad. Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Van sy kinder- en jeugverhale is met verskeie toekennings bekroon. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.

 

LESERSPROFIEL

Jeug

Addisionele Inligting

Outeur

Fanie Viljoen

Illustreerder

Emily House

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

2024

Aantal bladsye

96

ISBN

9780637005586

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jani Jonker gloei in die donker" te beoordeel