Franciscus en die diere

R160.00

Franciscus is lief vir alle diere en glo in die Goeie. Saam met sy beste vriend Esel reis hy deur die wêreld en praat met diere en mense. Sodoende probeer hy om die wêreld mooier te maak.

’n Prenteboek met kleurryke tekeninge, gebaseer op die lewe van die heilige Franciscus van Assisi (1181–1226) en ’n ode aan pous Franciscus.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Franciscus is lief vir alle diere en glo in die Goeie. Saam met sy beste vriend Esel reis hy deur die wêreld en praat met diere en mense. Sodoende probeer hy om die wêreld mooier te maak.

’n Prenteboek met kleurryke tekeninge, gebaseer op die lewe van die heilige Franciscus van Assisi (1181–1226) en ’n ode aan pous Franciscus.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Piet Grobler (*26 September 1959, Settlers –) is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, kunstenaar en illustreerder. Grobler ontvang verskeie nasionale en internasionale toekennings vir sy werk. Hy het reeds meer as sewentig boeke geïllustreer, onder meer: Moenie ’n mielie kielie nie, Karnaval van die diere, Kat se blad, Beware of the canary (Philip de Vos), Olinosters op die dak (Marita van der Vyver), Liewe Heksie (Verna Vels) en Die Spree met Foete (Annie M. G. Schmidt). Hy is ook die skrywer en illustreerder van die internasionaal bekroonde Net een slukkie, Padda!

By Protea Boekhuis verskyn onlangs van hom Vandag is ek ‘n windlawaai! (2018), Kat se blad (2018) en Prente by ’n uitstalling (2017) (al drie geskryf deur Philip de Vos).

 

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

 

Addisionele Inligting

Gewig .100 kg
Mates 25.5 × 21.5 cm
Outeur

Piet Grobler

Illustreerder

Piet Grobler

Verskyningsdatum

2019

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

9781485310556

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Franciscus en die diere" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie