Ek wens ek was … dink die meerkat

R160.00

Na links … reguit vorentoe … na regs … reguit vorentoe … na links … Waaksaam bespied die meerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik ʼn gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het dié klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verrassing bollemakiesie slaan!

ʼn Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Na links … reguit vorentoe … na regs … reguit vorentoe … na links … Waaksaam bespied die meerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik ʼn gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het dié klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verrassing bollemakiesie slaan!

ʼn Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.

 

OOR DIE OUTEUR 

Werner Holzwarth is ʼn kinderboekskrywer wat in 1989 sy eerste kinderboek Vom kleinen Maulwurf, der wissen wollte, wer ihm auf den Kopf gemacht hat (Die klein mol wat wil weet wie op sy kop gepoef het) geskryf het, ʼn boek wat ʼn internasionale topverkoper was en hom as suksesvolle kinderboekskrywer gevestig het. Werner Holzwarth was professor in visuele kommunikasie aan die Bauhaus Universiteit in Weimar voordat hy hom voltyds as kinderboekskrywer toegewy het.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Stefanie Jeschke illustreer sedert 2009 suksesvolle kinder- en prenteboeke by verskillende Duitse uitgewers.

 

LESERSPROFIEL

Vir jong kinders (3-6) wat hou van eenvoudige unieke illustrasies en veral daarvan hou om diere – en veral meerkatte – in die dieretuin te bewonder. Vir volwassenes wat graag aan hulle kinders voorlees en aan hulle kinders wil oordra dat elke persoon – soos elke dier – uniek en uitsonderlik is en eintlik nie met ander vergelyk kan word nie.

Addisionele Inligting

Mates 280 × 210 cm
Outeur

Werner Holzwarth

Illustreerder

Stefanie Jeschke

Vertaler

Nicol Stassen

Aantal bladsye

40

Omslag

Hardeband

Verskyningsdatum

2015

ISBN

9781485301219

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Ek wens ek was … dink die meerkat" te beoordeel

Jy mag ook hou van…