Beskrywing
AGTERGROND
Dat kinders vroeër of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is. Nietemin is die antwoorde selde prontuit of sonder eufemistiese kinkels wanneer dié vrae wel ter tafel kom. “Kindervriendelike” boeke oor die dood bestaan wel – maar die natuurlikheid en openlikheid waarmee hierdie onlosmaaklike aspek van die mens se bestaan in Eend, Dood en Tulp hanteer word, is binne die Afrikaanse lesersraamwerk geheel en al vernuwend.
Dood, so leer die leser, was nog maar altyd Eend se onsigbare kameraad. Dis bloot dat Eend hom nog nooit van tevore raakgesien het nie. Wanneer die twee mekaar op ’n dag wel leer ken, is daar skielik nie sprake van die vrees of die afstand wat Eend vermoed het nie – en moet ’n mens saam met Dood kopskud en erken dat die lewe nou maar eenmaal sy eie gang gaan.
OOR DIE OUTEUR
Wolf Erlbruch is een van Duitsland se populêrste illustreerders en het al verskeie internasionale pryse (waaronder die Hans Christian Andersen-prys) ingepalm. Suid-Afrikaanse lesers het sy sonderlinge styl reeds leer ken in die illustrasies van Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het.
LESERSPROFIEL
Hierdie boek is gemik op kinders sowel as volwassenes.
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.