Dr. Seuss – Die kat kom terug

R185.00

Wel …

Ons werk dat dit klap.

Ons vorder heel goed.

Maar wie kom hier aan?

Dis die kat met die hoed!

 

Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.

 

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

 

OOR DIE VERTALER

Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en outeur. Sy outeursloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste kort stories in tydskrifte verskyn het. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is een van die kernbestanddele in enige prettige kinderboek en sy boeke en vertalings word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.5 × 21 cm
Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Jaco Jacobs

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

Julie 2022

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

72

ISBN

9781485312475

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Dr. Seuss – Die kat kom terug" te beoordeel