Dr. Seuss-bundel (4-in-1)

R570.00

Vier van Dr. Seuss se boeke in ‘n bundel; almal rymvertalings deur Philip de Vos!

 

Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!

Kan ek vir my 'n troeteldier kry?

In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies!

5 in voorraad

Hoe die Grons Kersfees gesteel het!

Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?

4 in voorraad

Een Vis Twee Visse Rooi Vis Blou Vis

Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.

2 in voorraad

Horton hoor 'n hoe!

Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!

6 in voorraad

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!

 

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 2 kg
Mates 28.5 × 21 cm
Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Omslag

Hardeband

Kan ek vir my 'n troeteldier kry?

Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

Junie 2021

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

40

ISBN

978-1-4853-1076-1

Hoe die Grons Kersfees gesteel het!

Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

November 2019

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

64

ISBN

978-1-4853-1079-2

Een Vis Twee Visse Rooi Vis Blou Vis

Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

Junie 2021

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

72

ISBN

978-1-4853-1077-8

Horton hoor 'n hoe!

Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

Junie 2021

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

72

ISBN

978-1-4853-1078-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Dr. Seuss-bundel (4-in-1)" te beoordeel
Mandjie