Beskrywing
AGTERGROND
Dirkie het een oor wat regop staan en een wat hang. Die ander konyntjies lag vir hom wanneer hy die snaaksste maniere uitdink om sy oor regop te kry. Omdat niks help nie, gaan hy dokter toe, maar die dokter sê daar is niks fout met sy oor nie. Uiteindelik vind hy ʼn oplossing. Hy voel nou vir die eerste keer asof hy tussen die ander konyntjies inpas!
Dirkie (oftewel Rikki soos hy in Nederland genoem word, Nicky in Duitsland, Benji in Frankryk of sommer net Flop-Ear in Amerika) is die skepping van Guido van Genechten. In 1998 wen Van Genechten met hierdie boek die Prijs van de Stad Hasselt, die belangrikste internasionale wedstryd in België vir kinderboek-illustreerders.
Ander boeke in die reeks:
Dirkie word ouboet
Dirkie en sy vriendjies
Dirkie en die eekhoring
Dirkie en Annie
OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER
Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Omdat ek so lief is vir jou is ’n gunsteling waarvan daar al meer as 200 000 eksemplare verkoop is.
OOR DIE VERTALER
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.