Die seun wat drake kweek 02: Die Seun wat saam met drake lewe

R220.00

Tomas het ’n groot geheim: Hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. Maar om drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die draakvrugboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die draakvrugboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.

7 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hê is ’n wonderlike ervaring, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak. Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die draakvrugboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die draakvrugboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.

OOR DIE OUTEUR 

Andy Shepherd is ’n kinderboekskrywer. Sy het aan die kus by Essex grootgeword en het die meerderheid van haar kinderdae in bote deurgebring, gedurig aan’t skryf. Sy woon tans naby Cambridge in Engeland saam met haar man en hulle twee seuns en haar hoofambisie in die lewe is om uit te pluis hoe om Cambridge nader aan die see te skuif. Andy se debuutboek, The Boy Who Grew Dragons, word opgevolg deur The Boy Who Lived with Dragons en The Boy Who Flew with Dragons.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Sara Ogilvie is ’n bekroonde illustreerder. Sy is in 1971 in Edinburgh gebore en woon tans in Newcastle upon Tyne in Engeland. Sara het al talle prenteboeke vir kinders geïllustreer, waaronder The Detective Dog deur Julia Donaldson, The Worst Princess deur Anna Kemp en Izzy Gizmo deur Pip Jones.

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014) en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die Walvisse gekom het (Protea, 2015).

LESERSPROFIEL

Voorskool, jeug, tiener

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 19.8 × 129 cm
Outeur

Andy Shepherd

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Sara Ogilvie

Aantal bladsye

240

Verskyningsdatum

Oktober 2021

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1283-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die seun wat drake kweek 02: Die Seun wat saam met drake lewe" te beoordeel
Mandjie