Die onderonsie

R170.00

‘n Boek oor konflikhantering en samewerking:

’n Bruin haas en ’n grys haas bly langs mekaar in ’n veld. Aanvanklik kom meneer De Bruin en meneer Le Grys goed oor die weg, maar kort voor lank kry dié twee stry. Die onderonsie loop uit op ’n vuisgeveg en terwyl hulle vuisslaan, bekruip ’n honger jakkals hulle en die twee moet hul stryery laat staan en saamwerk om te ontsnap.

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

’n Bruin haas en ’n grys haas bly langs mekaar in ’n veld. Aanvanklik kom meneer De Bruin en meneer Le Grys goed oor die weg, maar kort voor lank kry dié twee stry. Die onderonsie loop uit op ’n vuisgeveg en terwyl hulle vuisslaan, bekruip ’n honger jakkals hulle en die twee moet hul stryery laat staan en saamwerk om te ontsnap.

 

OOR DIE OUTEUR 

Claude Boujon was ’n Franse outeur, illustreerder en kunstenaar. Die boeke wat hy geskryf en geïllustreer het, vertoon sy werk as ’n visuale kunstenaar en sy ondervinding met ’n jong gehoor. Sy stories is vol menslikheid en empatie. Hy is in 1995 oorlede, en  die Bernard Versele-prys is in 2003 aan hom toegeken.

 

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het ’n meestersgraad in Afrikaans (met spesialisering in joernalistiek en vrouestudies) aan die Universiteit van Pretoria behaal. Met kennis van Engels, Nederlands, Duits en Frans het sy ’n wye letterkundige belangstellingsveld, maar haar gunstelinggenre as vertaler is fiksie en niefiksie vir kinders en jong tieners. Haar Afrikaanse vertaling van Wil Huygen en Rien Poortvliet se Het leven en werken van kabouters en Oproep van de kabouters (2010) is in 2012 met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Elsabé Steenberg-prys vir vertaalde kinderliteratuur bekroon. Sy woon in Portland, Oregon, saam met haar man, twee dogtertjies en ’n Jack Russell-terriër.

 

LESERSPROFIEL

Kinders 3-8 jaar (kleuters, voorskool en jong jeug)

Addisionele Inligting

Mates 220 × 170 cm
Outeur

Claude Boujon

Illustreerder

Claude Boujon

Vertaler

Amelia de Vaal

Aantal bladsye

44

Omslag

Hardeband

Verskyningsdatum

2020

ISBN

9781485310969

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die onderonsie" te beoordeel