Die land van die groot woordfabriek

R160.00

Pryswenner!

Daar is ’n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Daniel het woorde nodig om sy hart vir die pragtige Hanli oop te maak. Maar hoe moet hy dit doen? Want om alles vir Hanli te sê wat hy graag vir haar wil sê, sal ’n fortuin kos …

Humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Daar is ’n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Daniel het woorde nodig om sy hart vir die pragtige Hanli oop te maak. Maar hoe moet hy dit doen? Want om alles vir Hanli te sê wat hy graag vir haar wil sê, sal ’n fortuin kos …

 Die land van die groot woordfabriek het al in verskeie tale verskyn, insluitend Chinees, Duits, Engels, Frans, Katalaans, Koreaans, Nederlands, Sloweens en Spaans. Die Nederlandse weergawe het in 2010 ’n Vlag en Wimpel van die Griffeljurie ontvang.

 

OOR DIE OUTEUR

Agnès de Lestrade (gebore 1964) woon in Barie, Frankryk en gee tuis vir kinders les in kuns en musiek. Sy is ook ’n joernalis en skryf al sedert 2003 kinderboeke. Sindsdien het meer as 40 van haar kinderboeke by prominente Franse uitgewerye verskyn, asook meer as 60 verhale in tydskrifte.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Valeria Docampo (gebore 1976) woon in Buenos Aires, Argentinië. Sy het ’n tyd lank grafiese ontwerp aan die Universiteit van Buenos Aires gedoseer, maar spits haar sedert 2003 grootliks op kinderboeke toe. Sy is in aanvraag by verskeie uitgewerye in Amerika, Argentinië, België, Frankryk, Griekeland, Groot Brittanje, Meksiko, Puerto Rico en Spanje. In 2008 is sy saam met 29 ander illustreerders gekies om Argentinië by die Bologna boekeskou te verteenwoordig.

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

Voorskool en jong jeug

 

Addisionele Inligting

Gewig .5 kg
Mates 24.3 × 24.8 cm
Outeur

Agnès de Lestrade

Illustreerder

Valeria Docampo

Vertaler

Nicol Stassen

Verskyningsdatum

Desember 2011

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

40

ISBN

9781869195229

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die land van die groot woordfabriek" te beoordeel
PRYSWENNER