Beskrywing
AGTERGROND
Die klein boek met baie inligting!
Het jy geweet: muskiete is van die dodelikste diere op aarde? Piesangs is radioaktief? Jou vingers het glad nie spiere nie? Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet!
Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke. Een bevat fantastiese feite, een bevat gruwelike geheime en onopgelosde raaisels, een bevat katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en een bevat reuserekords van alle soorte.
OOR DIE OUTEUR
Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 gebore in Welkom, en hy het ook daar skoolgegaan. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld. Daarna volg twee jaar nasionale diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds werk by Sanlam. Hy skryf in dié tyd in vir ‘n deeltydse kursus in Grafiese Ontwerp. Hy behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ‘n BA-graad in Sosiale Wetenskappe aan Unisa.
Fanie het reeds aan verskeie kunsuitstallings deelgeneem in Welkom, Bloemfontein en Kaapstad. Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Van sy kinder- en jeugverhale is met verskeie toekennings bekroon. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.
LESERSPROFIEL
Jong jeug








Resensies
Daar is tans geen resensies nie.