Die avonture van Kuifie: Bestemming maan (16)

R170.00

In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Frans-talige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi). 

In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …

 

OOR DIE OUTEUR

Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak. 

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.

LESERSPROFIEL

Jeug en jong tieners

 

Addisionele Inligting

Mates 22 × 29.5 cm
Outeur

Hergé

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Verskyningsdatum

April 2019

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

64

ISBN

9781485309956

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die avonture van Kuifie: Bestemming maan (16)" te beoordeel
Mandjie