Die avonture van Iwan

R250.00

Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank! 

Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom. Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
SKU: KKB952 Genres: , , , ,

Beskrywing

AGTERGROND

Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank! 

Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom. Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?

 

OOR DIE OUTEUR 

Otfried Preussler is ’n baie bekende en geliefde kinderboekskrywer in Duitsland. Sy boeke is reeds in 55 tale vertaal en meer as 50 miljoen eksemplare is wêreldwyd verkoop. Hy is in 1972 bekroon met die Duitse Jeugliteraatuurprys vir Krabat. Sy bekendste werke sluit in Krabat en Die rower Hotsenplots. Hy is in 2013 op 90-jarige ouderdom oorlede. 

 

LESERSPROFIEL

Ouer jeug

Addisionele Inligting

Mates 20.5 × 14.4 cm
Outeur

Otfried Preussler

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Julie 2022

Aantal bladsye

182

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485312994

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die avonture van Iwan" te beoordeel