Beskrywing
AGTERGROND
Hierdie is die merkwaardige ware verhaal van ’n kameelperd wat in 1827 van Egipte tot in Frankryk moes reis. Atir, die kameelperd se bewaarder, reis saam met haar tot in Parys, waar sy die eerste kameelperd tot op daardie tydstip is. Die mense is dolverlief op haar. ’n Pragtige verhaal deur ’n bekroonde outeur en kunstenaar.
OOR DIE OUTEUR
Dianne Hofmeyr is in Suid-Afrika gebore en het kunsonderwys in Kaapstad studeer. Sy is die outeur van vyf jeugromans en ses prenteboeke, en is die wenner van verskeie literêre pryse, waaronder die M-Net-prys, die Sanlam-prys, die Young Africa-toekenning en die M.E.R.-prys. Sy is ook die outeur van twee IBBY Honour-boeke. Haar jeugromans sluit in: Red Kite in a Pale Sky (1990), Blue Train to the Moon (1994) en Boikie you better believe it (1995). Hofmeyr het twee seuns en woon in Londen saam met haar man.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Jane Ray (1960) is ’n kinderboekillustreerder van Engeland. Sy het keramiekwerk aan die Universiteit van Middlesex studeer, maar haar loopbaan as illustreerder het begin met die ontwerp van gelukwensingskaartjies en geskenkpapier. Sy het reeds meer as 30 kinderboeke geïllustreer en het die Nestlé Smarties-prys in 1992 ontvang. Ray het drie kinders en woon in Londen saam met haar man.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.