Afslag!

Asterix en die waarsêer (19)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix en die waarsêer is die 19de boek in die gewilde Asterix-reeks.

13 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Op ’n stormagtige nag arriveer ’n geheimsinnige vreemdeling in die Galliese dorpie. Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ’n waarsêer is en voorspel dat mooiweer sal volg ná die woeste storm – en dit gebeur ook so! Die inwoners van die dorpie hang nou aan Jowaarlix se lippe en glo alles wat hy voorspel, maar Asterix is skepties. Is Jowaarlix ’n regte waarsêer of ’n bedrieër?

 

Asterix en die waarsêer is die negentiende boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

Maart 2019

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-1032-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix en die waarsêer (19)" te beoordeel
Mandjie