Beskrywing
AGTERGROND
Andries Anders is ’n skaap. Hy voel eensaam omdat hy anders as die ander skape is. Maar diep in sy hart glo hy daar moet êrens ’n plek wees waar dit normaal is om anders te wees. Gedryf deur hierdie verlange gaan hy op ’n soektog …
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Miriam Koch (gebore 1980) het visuele kommunikasie, met illustrasie as hoofvak, in Trier gestudeer. Sy is die outeur en illustreerder van verskeie kinderboeke, insluitende Fiete Anders (Andries Anders, Protea 2013) en Keentied (Halsoorkop, Protea 2013). Dit is spesifiek haar liefde vir die Noordsee wat Andries Anders geïnspireer het. Koch woon tans in Bremen.
OOR DIE VERTALER
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
LESERSPROFIEL
4+ jaar (kleuters, voorskool en jeug)







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.