Alias

R180.00

Nog ’n verhaal uit die pen van die ATKV-Woordveertjiewenner Celeste Slabber-Loriston!

As jy hou van buite die boks dink en tower-elemente, is hierdie boek vir jou! Emily en Jessica se stories begin eeue ná mekaar – een op ’n plaas in die 1800’s en die ander in ’n arm woonbuurt in 2018. Maar tog deel hulle stories dieselfde elemente, soos die towerboek, gloeiende rok en onheilspellende figuur in die woud … So ís dit verskillende stories? Sal die donker woud die antwoorde bring waarna hulle soek?

6 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Nog ’n verhaal uit die pen van die ATKV-Woordveertjiewenner Celeste Slabber-Loriston!

As jy hou van buite die boks dink en tower-elemente, is hierdie boek vir jou! Emily en Jessica se stories begin eeue ná mekaar – een op ’n plaas in die 1800’s en die ander in ’n arm woonbuurt in 2018. Maar tog deel hulle stories dieselfde elemente, soos die towerboek, gloeiende rok en onheilspellende figuur in die woud … So ís dit verskillende stories? Sal die donker woud die antwoorde bring waarna hulle soek?

 

OOR DIE OUTEUR

Celeste Slabber-Loriston het grootgeword in Hartebeespoort. Sy verwerf ’n BDram IV-graad aan die einde van 1994 en beklee verskeie onderwysposte in die Wes-Kaap. Sy is tans woonagtig in Hermanus. Sy is mede-eienaar van Story Team, ’n opvoedkundige teatermaatskappy wat teater as medium gebruik om kinders speel-speel te leer. Sy begin skryf in 2005. Haar kreatiewe skryfstyl wil graag haar leser deel maak van die wêreld van die karakters. “Ek het ’n passie vir skryf en wil graag my lesers op ’n opwindende reis van ontdekking stuur, waar fantasie deel word van die ervaring. Ek wil graag hê my lesers moet verdwaal in die wonderlike wêreld van stories, dat hulle nooit sal ophou lees nie.” In 2019 wen sy die ATKV-Woordveertjie vir haar debuut-jeugroman, Jinx.

 

LESERSPROFIEL

  • Kinders 9-14 jaar – selflees

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Celeste Slabber-Loriston

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

152

Verskyningsdatum

Oktober 2020

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-1213-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Alias" te beoordeel
Mandjie