Beskrywing
AGTERGROND
Daar is 3 boeke in hierdie reeks. Dit kan afsonderlik of in volgorde gelees word: Elmer, Al weer Elmer, Elmer op stelte. Dit is ook goedkoper beskikbaar as ‘n bundel van 3 (sien “Bundels”).
Elmer, die kleurvolle olifant, is โn kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieรซ verkoop regoor die wรชreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.
Dit is twee dae voor die Elmer Dag-optog โ die dag wanneer olifante hulleself met helder patrone versier. Maar Elmer, die veelkleurige olifant, is verveeld en besluit om vir die grys olifante โn yslike poets te bak.
OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER
David John McKeeย is โn Britse skrywer en illustreerder, veral bekend vir kinderboeke en animasie. In 2006 word hy genomineer vir die internasionale Hans Christian Andersen Toekenning.
OOR DIE VERTALER
Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy โn IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.
LESERSPROFIEL
Kinders tot 7 jaar







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.