Bazoo se reuse-storieboeke het pragtige volblad-illustrasies wat die brugbouer word tussen die aanleer van letters en klanke (oppervlakstruktuur) en lees met begrip (diepte struktuur) vir jong ontluikende lesers. Fred Mouton en Theodore Key se groot illustrasies trek kinders op atmosfeerryke wyse by Bazoo, die vriendelike bergskilpad, se wêreld in en skep ’n sensitiwiteit vir fyn luister, dink en voel. Daar is opvoeder-twiets onderaan elke bladsy om denkvaardighede (o.a. vraagstelling, visualisering, konneksies & afleidings maak) te help ontwikkel. Elke reuseboek is ongeveer 12 bladsye lank.
🎁 Feesseisoen-kennisgewing 🎁
KoueKoffieBoeke sluit van 19 Desember tot 4 Januarie.
Bestellings word nog tot 19 Desember versend. Alle bestellings wat tussen 20 Desember en 3 Januarie geplaas word, sal op 5 Januarie versend word.
Dankie vir julle volgehoue ondersteuning!
Geniet ’n magiese Feesseisoen! 🎄✨















