Hierdie boeke begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik moeiliker, maar die stories is egter so boeiend en snaaks dat die leser dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur ThΓ© Tjong-Khing se skitterende volkleur-illustrasies. Die boeke bestaan elk uit ongeveer 144 bladsye, dus kan βn skool of ouer dit vir βn lang tydperk gebruik en stukkie vir stukkie daardeur werk.
π Feesseisoen-kennisgewing π
KoueKoffieBoeke sluit van 19 Desember tot 4 Januarie.
Bestellings word nog tot 19 Desember versend. Alle bestellings wat tussen 20 Desember en 3 Januarie geplaas word, sal op 5 Januarie versend word.
Dankie vir julle volgehoue ondersteuning!
Geniet βn magiese Feesseisoen! πβ¨








