Wie is KoueKoffieBoeke?

KoueKoffieBoeke is die gevolg van ’n noue vriendskap, saamhuil en -lag oor die opwindende maar uitdagende reis van Ma-wees, vele koue koppies koffie, half-klaargemaakte gesprekke, kinderlike geloof en ’n gedeelde liefde vir boeke – en Afrikaans.

Carla Lang, ma van drie woelige kinders, is ’n nie-praktiserende prokureur (BComRegte & LLB), ’n skrywer (#kouekoffie), rubriekskrywer (Netwerk24, LitNet & Facebook-blog – https://www.facebook.com/KoueKoffieMa/), vryskutredakteur (Sertifikaat in Afrikaanse Redigering en Proeflesing), en -artikelskrywer (LitNet). In totaal het sy meer as 10 jaar se ondervinding in die boekewΓͺreld en uitgewery. Β 

β€œEk het vanaf ek kan onthou ’n spesiale band met boeke. Voeg daarby my grΓ³Γ³t liefde – my kinders, dan kry jy: rakke en rakke vol kinderboeke, wat maak dat ek en my kinders daagliks vele avonture beleef!”

Carmen Roux is ’n gekwalifiseerde Spraakterapeut (B. in Spraak-, Taal- en Gehoorterapie) met meer as 10 jaar se ondervinding. Sy is ma van twee jong kinders en is sedert 2020 voltyds tuis, waar taal en boeke steeds ’n groot rol in haar gesin se alledaagse lewe speel.

β€œEk was nog altyd lief vir lees en nou dat ek weet hoe betekenisvol dit kan wees, kweek ek van kleins af ’n liefde vir boeke by my kinders. Ek hoop dat hulle, en soveel ander kinders, sal inkoop in die betowerende wΓͺreld wat boeke kan bied.”

Onlangse Artikels

Genres

Instagram

Facebook