Kode Bruin – Liam Lang (Uit die mond van die Suigeling)

Hierdie resensie het oorspronklik op Litnet verskyn:

Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk

KODE BRUIN!

 

Die goorste week ooit-reeks is baie oulike boeke! Dit gaan oor ‘n seun met die naam:

 

JUSTIN CASE

 

(nie die beroemde superster nie).

 

Daar is al 4 boeke in Afrikaans vertaal. Die res is nog in Engels.

 

DIE GOORSTE WEEK OOIT: MAANDAG

DIE GOORSTE WEEK OOIT: DINSDAG

DIE GOORSTE WEEK OOIT: WOENSDAG

DIE GOORSTE WEEK OOIT: DONDERDAG

 

Ek het van Maandag tot Donderdag gelees. Die snaaksste ding in Die goorste week ooit:

MAANDAG

is waar Justin met sy gehekelde swembroek aan die bokant van ‘n duikplank hang – en sy broek stadig begin uitrafel!

Justin het skaars Maandag oorleef en toe is dit

DINSDAG,

en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer!

 

WOENSDAG

was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

 

En

DONDERDAG

was vol nóg drama! Maar ek wil nie nou alles vertel nie, jy moet self die reeks lees!

 

Voor in die boeke sê dit Kobus Geldenhuys het die boeke in Afrikaans vertaal. Ek dink hy het ‘n

SUPERGOEIE

werk gedoen en hoop hy word betaal daarvoor!

 

Elke boek is so 180 bladsye. Dis nie te lank of te kort nie. Die skrif is net reg, dit lees lekker. Daar is swart-en-wit illustrasies wat baie snaaks is! So ek het baie van die reeks gehou! Die stories is

SKREEUSNAAKS!

Arme Justin!! (Ek is bly ek is nie hy nie!)

 

Ek dink die reeks is vir kinders wat in graad 3 is en ouer om self te lees. Maar as jy jonger is en nog nie heeltemal self so goed kan lees nie, kan jou ma of pa dit dalk vir jou lees. Hulle sal ook lekker lag vir die stories en prentjies! (Hoop ek.)

 

Ek gee die reeks 5 sterre!

 

Oukei, ek gaan nou ‘n volgende boek gaan vind om te lees! Ek sal weer vir julle skryf op ‘n ander dag. Baai vir eers!

 

Liam Lang

9 jaar oud

 

 

Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.

Genres

Instagram

Facebook

Mandjie