Hoe moet my kind se storievertelling lyk?

 

Kinders begin so vroeg as op 2 jaar oud al stories te vertel. ’n Storie – of narratief – is enige weergawe (geskryf of gesproke) van ’n reeks gebeurtenisse. By kinders verskaf storieverteling vele psigologiese en opvoedkundige voordele, soos verskerpte verbeelding, verbeterde woordeskat en meer verfynde kommunikasievaardighede.

 

Die volgende is ’n opsomming van wat jy kan (en moet) verwag gedurende jou kind se vroeΓ« narratief-ontwikkeling:

 

Vlak 1 (2 jaar)

Jou kind behoort ’n versameling onverwante idees te kan weergee. Die onderwerp wat bespreek word verander dikwels en daar word nie van samehangende metodes gebruik om die storie saam te voeg nie. Dit is dikwels in die teenwoordige tyd.

Bv. β€œDie meisie eet koekies. Die mamma gaan werk toe. Die baba slaap.”

 

Vlak 2: Reekse (2-3 jaar)

Gedurende hierdie stadium mag jou kind begin om lukraak storie-elemente saam te voeg. ’n Reeks bevat ’n sentrale karakter, onderwerp of plek.

Bv. β€œSy bly by haar mamma. Sy bly by haar pappa. Ouma en Oupa bly saam. En hierdie drie kinders bly by hul ouma. En hierdie kat bly saam met hulle.”

 

Vlak 3: Primitiewe narratiewe (3-4 jaar)

Nes reekse, bevat primitiewe narratiewe ’n sentrale karakter, onderwerp of plek. Hoe dit egter verskil, is dat die kind gedurende hierdie stadium die karakter se gesigsuitdrukkings en liggaamsgebare begin bespreek.

Bv. β€œMy pappa gaan werk toe. My boetie gaan speel met sy kar. My hond, sy gaan buite toe. My kat kom lek my en miaau. Ek huil toe, want sy byt my. En my boetie hardloop na my toe en sΓͺ: β€œWat het gebeur?” β€œMy kat het my nou gebyt.” So Mamma kom hardloop in en sy sΓͺ: β€œWat het gebeur?” “O, die kat het jou gebyt. OK.”

 

Vlak 4: Kettings/ chains

– Ongefokus (4-4.5 jaar)

’n Ongefokusde ketting het nie ’n sentrale karakter nie. Dit is ’n reeks gebeurtenisse wat logies verbind word of ’n oorsaak-gevolg verhouding het.

– Gefokus (5 jaar)

Gefokusde kettings bevat ’n sentrale karakter Γ©n ’n logiese reeks gebeure. Die gebeure wat beskryf word neem die vorm van β€œavonture” aan. Daar word egter van die luisteraar verwag om die einde te interpreteer.

Bv. β€œEendag was daar ’n ma met die naam Cara. En sy het ’n man met die naam Pieter. En hulle het kinders met die name Ben en Mila. En hulle het ’n seun met die naam Simon. En die ma sΓͺ vir die seun hy moet buite gaan speel. En toe kom die seun in en sΓͺ: β€œMamma, Mamma ons hond is buite en hy blaf.” β€œEk sal gaan kyk.” β€œWaarvoor blaf hy?” β€œEk weet nie hoekom hy blaf nie, Simon. Gaan jy uit en kyk.” β€œHy wil inkom.” β€œEk sal dat hy inkom.”

 

Vlak 5: Ware narratiewe

’n Ware narratief fokus om ’n insident in ’n storie. Daar is ’n ware plot, karakterontwikkeling en ’n reeks gebeurtenisse, daar is ’n probleem wat teen die einde opgelos word.

Bv. β€œEendag was daar ’n seun met die naam Ben en ’n dogtertjie met die naam Mila. Hulle het ’n klein katjie op hulle stoep gekry en haar by die huis ingevat. Hulle het vir haar bietjie melk gegee. Hulle het met haar gespeel en -speel, en na ’n rukkie het die telefoon ’n boodskap gekry. ’n Tannie in die straat het gevra of iemand haar kat gesien het. Hulle laat weet toe dis by hulle. Die tannie kom haal toe die kat en gee vir hulle al twee R50 om dankie te sΓͺ dat hulle mooi na die kat gekyk het.”

Β 

Dit kan waardevol wees om te weet op watter vlak van storie-ontwikkeling jou kind is. So kan jy by die huis in ’n veilige omgewing daaraan aandag gee:

-Gedurende voorlees kan ’n ouer vrae vra wat die verskillende storiekomponente uitlig (bv. β€œOor wie het die storie gegaan?” β€œWat het hy/ sy eerste gedoen?”) en dan ook stories gedurende en na voorlees saam opsom.

– Druk foto’s van vakansies of uitstappies. Hierdie is wonderlike materiaal vir storievertelling.

– Vra gereeld oor jou kind se dag en gee leiding (β€œWat het julle eerste gedoen vandag?” β€œWat was vir jou lekker/ sleg van vandag?”). Dit sal help met persoonlike storieherroeping en -opeenvolging.

– Storievertelling in die kar kan geleentheid skep vir ’n ouer om ’n voorbeeld van ’n goeie narratief te stel. Maak beurte om stories op te maak of te gesels oor die dag.

 

Bron:

Hutson-Nechkash, Peg (2001). Narrative Toolbox: Blueprints for Storybuilding. Eau Claire, WI: Thinking Publications.

 

 

 

Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.

Genres

Instagram

Facebook