Stuur gerus vir ons terugvoering oor jou ondervinding van ons diens:
Wat sê kliënte oor KoueKoffieBoeke se diens?
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Marché A
Carla, ek wil net dankie sê vir die goeie diens. Ek sal definitief weer by jou koop.
Sonja
Flink diens – baie dankie. Julle sal beslis weer van my hoor.
CJ Langenhoven
Baie dankie. Die boek is pragtig. Ek’s baie tevrede. Julle diens is puik.
Luzelke
Baie goeie en flinke diens en voortdurende kommunikasie oor my pakkie. Baie dankie!
Ria N.
Ek het binne ‘n week my bestelling ontvang! Baie dankie. Julle diens is puik en boeke se kwaliteit ook! Ons sal beslis gereeld bestel!
Derick
Dit is die tweede keer dat ek boeke bestel by KoueKoffie Boeke en om die bestelling te plaas was maklik, aflewering was vinnig en die boeke uit die boonste rakke. Boeke vir alle ouderdomme beskikbaar en ‘n groot verskeidenheid! Baie dankie vir julle puik winkel.
Henda H.
Baie goeie en vinnige diens. Sal beslis weer boeke vir my kleinkinders koop, hulle geniet die storie baie. Baie dankie.
Marina
My kleuter geniet haar boekies en “lees” dit oor en oor. Sy geniet die helder prentjies. Ons is dankbaar om vir haar stories in Afrikaans te kan lees deur KoueKoffieBoeke. Die boeke word ook altyd vinnig en in puik kondisie by ons afgelewer.
Marlise
“Fantastiese aanlyn winkel! Om te bestel is maklik en hul afleweringsdienste is goed en vinnig. Baie dankie Kouekoffieboeke!”

