Stuur gerus vir ons terugvoering oor jou ondervinding van ons diens:
Wat sê kliënte oor KoueKoffieBoeke se diens?
Jul diens is uitstaande, dankie. Ons kan met groot gemoedsrus bestel en verseker wees als kom in ń puik toestand, afgelewer op ons voorstoep. Ouers, ouma’s en oupa’s, daar is ń groot keuse van boeke en ander dienste en goedere beskikbaar. Hier kan jy verseker wees jy kies reg!
L van Zyl-Nelson
Baie goeie en vinnige diens. Sal beslis weer boeke vir my kleinkinders koop, hulle geniet die storie baie. Baie dankie.
Marina
“Uitstekende diens! Wonderlike leiding vir ń werkende mamma wat nie altyd kan navors oor gepaste boeke vir haar kleuters nie! My dogtertjies is versot op hul boeke.”
Salomi K
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Marché A
Diens is puik! Baie dankie .
Henca
Wat ‘n opgewondenheid was dit nou nie vir jou nie!! Die kleinkinders was omtrent bly, en so ook die ouers. My dogter, ‘n arbeidsterapeut, dink die boeke is wonderlik! BAIE dankie vir al die moeite, die pakkies was so mooi.
Risna R
Goeie diens. Aflewering was vinnig.
Celeste
Carla, ek wil net dankie sê vir die goeie diens. Ek sal definitief weer by jou koop.
Sonja
Dit is die tweede keer dat ek boeke bestel by KoueKoffie Boeke en om die bestelling te plaas was maklik, aflewering was vinnig en die boeke uit die boonste rakke. Boeke vir alle ouderdomme beskikbaar en ‘n groot verskeidenheid! Baie dankie vir julle puik winkel.
Henda H.
Pragtige boeke en vinnige aflewering. Definitief ‘n gunsteling-aanlynwinkel vir my.

