Beskrywing
AGTERGROND
In hierdie album neem Asterix en Obelix deel aan die groot Trans-Italiese wawedren. Alle volke van die Bekende Wêreld kan deelneem. Die gunstelingdeelnemer is die auriga van Rome: die gemaskerderde grote Coronavirus! Olyfolie op die pad en ’n gepeuter aan padaanwysings is enkele van die uitdagings wat die deelnemers moet trotseer, maar Asterix en Obelix was nog altyd opgewonde oor ’n lekker resies.
Asterix en die Trans-Italiese wawedren is die 37ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
LESERSPROFIEL
10+ jaar (jeug en tiener)
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.