Watter boek kies mens dan?

Ons weet dat boeke vir verskeie redes wonderlik is –van taalontwikkeling, geletterdheidsukses tot emosionele ontwikkeling en β€˜n sterk band vorm met jou kind. Dit kan egter oorweldigend wees om in β€˜n boekwinkel in te stap en te weet watter boeke om te kies (een rede hoekom ons hierdie webtuiste begin het ).

Die organisasie Nalibali gee diΓ© wenke vir wanneer jy wonder watter boek om te kies of koop. Sien ook ons aanbevelings in hakies vir gepaste boeke.

 

Gebruik jou huistaal
Boeke vir babas en voorskoolse kleuters behoort, sover moontlik, in hul huistaal te wees. Jy kan self boeke wat min woorde bevat vertaal indien dit nie in die taal wat jy soek beskikbaar is nie. Probeer ook vir ouer kinders boeke in hul huistaal kry, want boeke wat hulle in hul huistaal geniet, verdiep hulle waardering, kennis en die motivering om aan te hou lees.
{Sien vertalings van David Walliams se boeke vir ouer kinders}

Boeke vir babas en kleuters
Babas hou van helderkleurige prente of foto’s van dinge of mense met eenvoudige teks. Hulle is mal daaroor om die ritmes van taal te ervaar en geniet herhalings en rym. Eerste boeke wat aksies soos handeklap en kopknikke insluit, is gewoonlik groot gunstelinge. Probeer karton- en materiaalboeke vind, want hulle kan gekou en getrek word sonder om uitmekaar te val!
{Sien β€œDie wiele van die bus” en β€œKlein wit vissie”)

Ritme en rym
Jong kinders geniet helderkleurig geΓ―llustreerde boeke met wiegeliedjies, woordspelings en rympies. Hulle hou ook van boeke waar die teks ’n sterk ritme het, of waarin frases herhaal word.
{Sien rymvertalings van Julia Donaldson soos β€œDie knorrige kwΓͺvoΓ«l” en β€œDie goorgomgaai”}

Prenteboeke
Woordlose boeke is ’n uitstekende belegging, want dit gee jou die kans om die storie op jou eie manier aan die kinders te vertel en hulle kan ook hulle eie stories skep. Woordlose boeke is ’n fantastiese hulpmiddel vir ’n veeltalige situasie waar kinders en volwassenes verskillende tale praat.
{Kyk na β€œβ€™Nag in wemelstad” en β€œDie geel ballon”}

Nuut en bekend
Kies ’n paar boeke wat dinge weerspieΓ«l wat vir jou kinders bekend is. Kies byvoorbeeld boeke waar die huise soos hulle s’n lyk en waar die storie hulle toelaat om alledaagse gebeure wat hulle ken of al teΓ«gekom het, te verken. Kies ook ’n paar ander boeke wat hulle nuuskierigheid oor nuwe dinge en ondervindinge kan prikkel. Sommige hiervan kan volksverhale wees, of stories wat in verskillende plekke en kulture afspeel, of dit kan stories oor fantasie en towerwΓͺrelde wees.
{Sien β€œKerneels en die Krismisengel” of β€œDie rooi rok”}

Moedig kinders aan om verskillende boeke te probeer:
Skoolstories, ruimteverhale, stories oor familie en vriendskap, natuurverhale, geskiedkundige verhale en verhale oor helde, heldinne en groot avonturiers, avontuurverhale, fantasie, tower en speurverhale.
{Sien boeke soos die β€œRietrotte-reeks” vir die jeug of β€œSoek die meerkat – β€˜n reis deur tyd”}

Boeke wat help met die uitdagings van die lewe
Prenteboeke en storieboeke oor dinge wat met jou kind gebeur het, of besig is om in hul lewens te gebeur – soos ’n nuwe boetie of sussie, egskeiding of probleme met vriendskappe – kan kinders help om hulle gevoelens te verwerk en hulle vrese te besweer. Sekere boeke kan jou ook help om moeilike of sensitiewe onderwerpe, soos siekte en dood, op ’n indirekte wyse aan te raak.
{β€œDirkie word ouboet” en β€œWaar is oupa nou?”}

Lees vir kennis
Kennisboeke is nie net vir ouer kinders geskik nie. Daar is baie toepaslike inligtingsboeke vir voorskoolse kinders beskikbaar. Feitelike boeke prikkel nuuskierigheid en ’n belangstelling in ons natuurlike en fisiese wΓͺreld. Om die lewensverhale van mense wat betrokke by dinge soos die geskiedenis, politiek, kuns, teater, medisyne en wetenskap is te lees, kan baie motiverend wees vir jong mense wat wonder waaroor die lewe gaan. Hulle verbreed ook in die proses hulle kennis en begrip en leer hoe en waar om inligting te vind.
{Dink aan boeke soos β€œOntdek die diereryk” en β€œPlanetarium”}

Boeke vervul sΓ³veel funksies. Daar is werklik iets vir elke kleur en geur. Ons hoop bogenoemde gaan dit so bietjie makliker maak as jy die volgende keer ’n boek wil koop, of een geskenk wil gee (Kersfees is om die draai!). Meer as enige iets, kies ’n boek wat jy ook sal geniet, want hopelik word hy voos geblaai!

 

 

Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.

Genres

Instagram

Facebook