Martie en haar ouma

R120.00

Martie en haar ouma is baie naby aan mekaar. Maar op ’n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel haar asof sy ’n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.

’n Ontroerende storie en wondermooi prenteboek vir jonk en oud. Veral vir dogtertjies met ‘n noue verhouding met hul oumas.

6 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Martie is ’n ongeduldige, woelige kind.

Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik! Haar ouma is net soos sy en dié twee verstaan mekaar goed.

Op ’n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy ’n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.

’n Ontroerende storie en ’n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.

 

OOR DIE OUTEUR

Tine mortier skryf prenteboeke en kinderfiksie,  doseer in kreatiewe skryfwerk en ontwerp juweliersware. Sy woon in Costa Rica.

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug (voorlees)

Addisionele Inligting

Gewig 0.45 kg
Mates 22 × 31.2 cm
Outeur

Tine Mortier

Vertaler

Nicol Stassen

Verskyningsdatum

Mei 2013

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-938-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Martie en haar ouma" te beoordeel
Mandjie