Skwiek

R190.00

Op ‘n dag kry Nathan ‘n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. En binne-in is ‘n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ‘n gewone hamster nie … Hy kan mense hipnotiseer! Maar dan vind Nathan uit Skwiek is op ‘n geheime sending … en ‘n gevaarlike skurk is warm op hul spoor!

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Op ‘n dag kry Nathan ‘n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. En binne-in is ‘n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ‘n gewone hamster nie … Hy kan mense hipnotiseer! Maar dan vind Nathan uit Skwiek is op ‘n geheime sending … en ‘n gevaarlike skurk is warm op hul spoor!

OOR DIE OUTEUR

Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.

LESERSPROFIEL

Jeug

Addisionele Inligting

Outeur

Jaco Jacobs

Illustreerder

Stephen Wallace

Verskyningsdatum

2017

Omslag

Sagteband

ISBN

9780799383683

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Skwiek" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie