Springboekie (Fanie Viljoen) – deur Liam Lang

(Hierdie resensie het oorspronklik op LitNet verskyn.)

https://www.litnet.co.za/author/liam-lang/

 

Bokdrolletjies en boeke

Springboekie gaan oor vier maatjies wat elke dag gespeel het, maar net een het van lees
gehou. Die ander het gedink lees is erg en vervelig.

In die boek probeer Springboekie maak dat sy maatjies ook van lees hou.
Almal het ander superkragte. Springbokke se superkrag is rugby. En Springboekie se
superkrag is lees (en myne ook!).

Springboekie se een maat is die olifant, Oliefie. Oliefie hou baie van modder en grappe. Kom
ek vertel julle een van haar grappies: Wat is so groot soos ’n olifant maar weeg niks nie? ’n
Olifant se skaduwee!
Sy ander maat is Zula. Sy hou baie van wegkruipertjie speel, en sy los ook ’n windjie in
die storie!!!

PFFOE-OERT!!

Koolio is sy derde maatjie. Sy hou glad nie van wegkruipertjie nie. (Kan jy raai hoekom?
Want sy het ’n lang nek! Dis reg, sy is ’n kameelperd!)

Die boek is 80 blaaie. En die skrif is maklik om te lees. En van die woorde is groter en in ’n
ander kleur, waarvan ek hou. Die illustrasies is mooi.

Die boek is seker vir kinders wat 8 of 9 of 7 jaar oud is.

Ek het van die boek gehou, maar dit was net ’n bietjie kort. Ek het dit binne een aand (eintlik
net ’n paar uur) klaar gelees. Daarom gee ek dit 4 sterre.

****

Dis ’n lekker boek, lees dit!

Liam Lang
8 jaar oud

(Het jy geweet: Jy kan boeke lees en ’n hele biblioteek in jou kop maak?!)

Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.

Genres

Instagram

Facebook

Mandjie