Boomhuis-reeks – Liam Lang (8)

Ek hou van Boomhuis-boeke, want dit gaan oor 2 maatjies wat ‘n boomhuis gebou het in ‘n groot boom.

Daar is 7 boeke: Die boomhuis met 13 vloere, Die boomhuis met 26 vloere, Die boomhuis met 39 vloere, Die boomhuis met 52 vloere, Die boomhuis met 65 vloere, Die boomhuis met 78 vloere en Die boomhuis met 91 vloere.

Dit is ook baie snaaks! OO, ek het iets vergeet! Die 2 maatjies se name is Terry en Andy, maar in Die boomhuis met 65 vloere het Jill, ‘n meisie, hulle vriendin, ook ingetrek, en nou werk sy by ‘n haarsalon vir diere. Nou hou Jill baie van diere?  Ja/Nee? Lees die boeke om uit te vind!

Hulle het ook ‘n baas, meneer Grootneus. Hulle moet hulle boek vinnig klaar skryf, anders word hy baie kwaad en sy neus kan ook ontplof! Het dit in een van die boeke gebeur, of nie? Koop die boeke om uit te vind! Ek hou ook van die avonture waarin hulle is.

Aaaah! Meneer Grootneus bel! “Tring-tring, tring-tring!” “Hallo, is julle boek hier … A-a-nee, dan moet dit more hier wees!”

Jammer, julle, ek moet ‘n nuwe boek gaan skryf! Ek moet dit klaar hê.

Koop al die boeke by KoueKoffieBoeke! Sien later!

 

Liam Lang (8 jaar)

 

*****

 

Ek gee die reeks vyf sterre!

Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.

Genres

Instagram

Facebook

Mandjie