Terugbetalings- en omruilingsbeleid

Oorsig

Daar mag dalk omstandighede ontstaan waar jy ’n keuse sal hê tussen ’n terugbetaling of omruiling. Ons terugbetalings- en omruilingsbeleid duur 30 dae. As 30 dae verloop het sedert jou aankope, kan ons jou ongelukkig nie ’n terugbetaling of omruiling bied nie.

Om vir ’n terugbetaling of omruiling in aanmerking te kom, moet jou item ongebruik en in dieselfde toestand wees as toe jy dit ontvang het. Dit moet ook in die oorspronklike verpakking wees. Verder benodig ons ’n bewys van aankope.

Moet asseblief nie jou item direk na die vervaardiger terugstuur nie.

Daar is sekere situasies waar  terugbetalings/omruilings nie toegestaan sal word nie, onder andere:

  • Items met duidelike tekens van gebruik.
  • Items wat nie in hul oorspronklike toestand is nie, beskadig is of vermiste dele het om redes wat nie te wyte is aan ons nie.
  • Geskenkbewyse is nie terugbetaalbaar nie.

Terugbetalings

Ons doen slegs terugbetalings as die item gebrekkig of beskadig by jou aangekom het as gevolg van ons toedoen. Stuur gerus vir ons ’n e-pos by info@kouekoffieboeke.co.za met die opskrif “Versoek om terugbetaling” en die nodige inligting: produk, bewys van aankope, jou naam en van, adres waar item opgetel moet word (indien dit verskil van die adres waarheen dit oorspronklik gestuur is), rede hoekom terugbetaling versoek word met bygaande foto’s.

Binne 7 werksdae ná ons jou e-pos ontvang het, sal ons jou in kennis stel of jou aansoek om terugbetaling goedgekeur is, al dan nie – met redes. Indien goedgekeur, sal ons ’n koerier reël om die item te kom oplaai. Daarna sal jou terugbetaling verwerk word, en ’n krediet sal outomaties binne ’n sekere aantal dae op jou kredietkaart of oorspronklike betaalmetode toegepas word.

As jy ná 5 werksdae nog nie ’n terugbetaling ontvang het nie, gaan eers weer jou bankrekening na. Kontak dan jou kredietkaartmaatskappy, dit kan ’n rukkie neem voordat jou terugbetaling amptelik in jou rekening reflekteer. Kontak daarna jou bank. Daar is dikwels ’n verwerkingstyd voordat ’n terugbetaling afgehandel word. As jy dit alles gedoen het en steeds nie jou terugbetaling ontvang het nie, kontak ons gerus by info@kouekoffieboeke.co.za.

Omruilings

Ons vervang/ruil slegs items as dit gebrekkig of beskadig by jou aangekom het as gevolg van ons toedoen. Indien jy wil aansoek doen om jou item te ruil, stuur vir ons ’n e-pos by info@kouekoffieboeke.co.za met die opskrif “Versoek om omruiling” en die nodige inligting: produk, bewys van aankope, jou naam en van, adres waar item opgetel moet word (indien dit verskil van die adres waarheen dit oorspronklik gestuur is), rede hoekom omruiling versoek word met bygaande foto’s.

Binne 7 werksdae ná ons jou e-pos ontvang het, sal ons jou in kennis stel of jou aansoek om omruiling goedgekeur is, al dan nie – met redes. Indien goedgekeur, sal ons ’n koerier reël om die item te kom oplaai en terselfdertyd ’n koerier reël om die nuwe item te kom aflaai.

Versendingskostes

Indien die item goedgekeur word deur ons om teruggestuur te word vir ’n terugbetaling of omruiling, sal ons die versendings reël en die versendingskoste betaal. Maar versendingskostes om die produk tydens die oorspronklike aankope na jou toe te stuur is nie terugbetaalbaar nie. Dus, as jy ’n terugbetaling ontvang, sal die koste van die oorspronklike sending van jou terugbetaling afgetrek word.

Afhangende van waar jy woon, kan die tyd wat dit neem vir jou omgeruilde produk om jou te bereik verskil.

Het jy hulp nodig?

Kontak ons by info@kouekoffieboeke.co.za vir vrae wat verband hou met terugbetalings, omruilings en terugsendings.

Genres

Instagram

Facebook

Mandjie