Wolf, Hond en Kat

R150.00

Kat is terug.

Sy is in die bos.

Wolf se bos!

Wolf is bang vir Kat.

Maar Hond nie.

Hy help sy neef.

Hoe?

Dit kan jy in hierdie boek lees.

’n Prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.

 

6-12 jaar. Alle leesvlakke.

 

11 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Kat is terug.

Sy is in die bos.

Wolf se bos!

Wolf is bang vir Kat.

Maar Hond nie.

Hy help sy neef.

Hoe?

Dit kan jy in hierdie boek lees.

 

’n Prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.

 

OOR DIE OUTEUR

Sylvia Vanden Heede (1961, Zwevegem, België) het grootgeword tussen vyf broers en twee susters. Sy was ’n dromerige kind wat graag geteken en stories geskryf het. Sy het gestudeer in Zwevegem (tale), Brugge (beeldende kuns) en Heverlee (godsdienswetenskappe). Sy het in ’n Christelike boekwinkel gewerk. Sy het haar eerste boek in 1985 vir die Jacob van Maerlant-debuutprys ingeskryf. Die boek het derde gekom en is twee jaar later gepubliseer. Sy woon saam met haar man en drie dogters in Brugge.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Marije Tolman (1976) het grootgeword in Beuningen, Nederland. Sy het grafiese ontwerp aan die Koninklike Akademie vir Beeldende Kuns in Den Haag en die Edinburgh College of Art in Skotland studeer. Sedert 2004 werk sy voltyds as prenteboekillustreerder. Haar werke is reeds in 10 lande gepubliseer.

 

OOR DIE VERTALER

Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met rees 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

 

LESERSPROFIEL

Die stories akkommodeer alle leesvlakke.  /  Kinders tussen 6 en 12 jaar.

 

Addisionele Inligting

Gewig .300 kg
Mates 24 × 15 cm
Outeur

Sylvia van den Heede

Vertaler

Daniël Hugo

Verskyningsdatum

2012

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

127

ISBN

978-1-86919-530-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Wolf, Hond en Kat" te beoordeel
Mandjie