Afslag!

Wiplala

Original price was: R220.00.Current price is: R200.00.

’n Fantastiese boek vir ouers om aan hulle kinders voor te lees!

 

’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!

Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

7 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”

“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”

“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. 

Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!

Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

 

OOR DIE OUTEUR

Annie M.G. Schmidt is in 1911 in Kapelle, Nederland, gebore. Sy het eers in ’n biblioteek gewerk en daarna vir Het Parool, ’n Amsterdamse koerant. Haar kinderboeke is wêreldwyd bekend. In 1988 het sy die hoogste internasionale toekenning vir kinderboekskrywers, die Hans Christian Andersenprys, gekry. Die beroemde Sweedse skryfster Astrid Lindgren het dit aan haar oorhandig. Annie M.G. Schmidt het op 21 Mei 1995, die nag ná haar vier-en-tagtigste verjaardag, gesterf.

LESERSPROFIEL

Kinders 3 tot 8 jaar

Addisionele Inligting

Mates 25 × 19 cm
Outeur

Annie M.G. Schmidt

Illustreerder

Philip Hopman

Verskyningsdatum

Julie 2018

Aantal bladsye

112

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0741-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Wiplala" te beoordeel

You may also like…

Mandjie