Winskopie: Spooksoene

R70.00

Hierdie boek is ‘n winskopie. Dus, die boek is effens beskadig tydens die vervoerproses en daarom word dit goedkoper verkoop.

JEUGROMAN

Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang ’n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om ’n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie ’n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie … Hoe oorkom jy ’n yslike puisie op jou neus, ’n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, ’n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle ’n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oë nie glo nie …

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
Genre:

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR 

Troula Goosen wou sedert haar gelukkige kinderjare op Bredasdorp, die Paarl, Villiersdorp en Ceres graag kinderstories skryf. Sy het op Stellenbosch gestudeer en haar lewensmaat hier ontmoet, waarna die jong predikantspaar na die Vrystaat verhuis het. Kort ná die aankoms by hul derde gemeente op Riversdal, het sy haar as binneversierder bekwaam en dié beroep vir byna twintig jaar lank beoefen. Deesdae woon die afgetrede paartjie op die prentjiemooi Bettysbaai in hul vakansiehuis van amper dertig jaar. Dis hier waar Goosen haar ou kinderdroom kon kom afstof en waar sy ’n groot deel van haar dag in die wonderlike wêreld van verbeelding deurbring. Dis nou wanneer sy skryf én wanneer sy met haar kleinseun kabouters en seerowers langs die mooie kuslyn soek. 

Haar debuut, Lakadiga – die geheim van die verlore stad (2013, Oxford University Press), word vir graad 8’s voorgeskryf.

LESERSPROFIEL

Kinders tussen 9 en 13. 

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Troula Goosen

Verskyningsdatum

Mei 2015

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

112

ISBN

978-1-4853-0407-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Winskopie: Spooksoene" te beoordeel
Mandjie