Description
AGTERGROND
Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.
OOR DIE OUTEUR
Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.
Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.
Sy is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.
LESERSPROFIEL
Jong tieners (graad 6 tot 8), veral seuns.
Reviews
There are no reviews yet.