Beskrywing
AGTERGROND
Abella is ‘n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet βn feetjie wag voor dit kan gebeur?
Wanneer is eendag? Β is ‘n feetjieboek vir voorlees of selflees.
OOR DIE OUTEUR
Elsa Winckler skryf heeltyds. Haar eerste liefdesverhaal,Β Β Tussen jazz en rockΒ wen in 2008 dieΒ rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie. Sy wen ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses. In 2014 het sy nog βn ATKV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse,Β Te eenders, te andersΒ gewen en in 2016 weer metΒ Liefde in laslap. In 2018 het sy haar eerste kinderboek by Protea Boekhuis, Wanneer is eendag, gepubliseer. Sy woon in Bettiesbaai.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Marleen het al verskeie kinderboeke geΓ―illustreer vir Oxford University Press, MML, Heinemann, Vivlia, Juta, Nasou Via Afrika, Cambridge, ens. Sy is ook lid van die Vereniging vir kinderboeke, skrywers en illustreerders (SCBWI).
LESERSPROFIEL
Voorskool en jong jeug







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.