Vrolik

R140.00

In rooi en swart en geel – kleure wat jou baba kan sien!

ʼn Byna woordlose prenteboek vir kinders van 0-6 met helderkleurige visse wat verskillende emosies uitbeeld – van opgewonde tot hartseer, van verleë tot trots, en van kwaad tot gelukkig. Die boek is ʼn internasionale sukses en is in Duitsland vir die gesogte Deutscher Jugendliteraturpreis genomineer.

Veral vir jong kinders wat die kompleksiteit van verskillende emosies begin ontdek, en jong kinders wat begin om eenvoudige woorde te lees.

Ook beskikbaar in Engels: Happy.

11 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

In rooi en swart en geel – kleure wat jou baba kan sien!

ʼn Byna woordlose prenteboek vir kinders van 0-6 met helderkleurige visse wat verskillende emosies uitbeeld – van opgewonde tot hartseer, van verleë tot trots, en van kwaad tot gelukkig. Die visse en die enkele woorde van die emosies wat elkeen uitbeeld is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op ʼn swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Die boek is ʼn internasionale sukses en is in Duitsland vir die gesogte Deutscher Jugendliteraturpreis genomineer.

Ook beskikbaar in Engels: Happy.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Mies van Hout (Eindhoven, 1962) werk sedert 1989 as illustreerder en grafiese ontwerper. Sy illustreer veral haar eie kinderboeke, maar ook boeke van Paul Biegel, Vivian den Hollander en Hanna Kraan. In 1988 verskyn haar eerste boek Kiki en Pim: een tweeling van drie. Haar boeke is in meer as twintig tale gepubliseer

 

LESERSPROFIEL:

Babas, kleuters, voorskool.

Veral vir jong kinders en peuters wat die eerste keer die kompleksiteit van verskillende emosies begin ontdek, en jong kinders wat begin om eenvoudige woorde soos “dapper”, “skaam”, “kwaad”, “trots” en “gelukkig” te lees.

 

Addisionele Inligting

Gewig .380 kg
Mates 26.5 × 21 cm
Outeur

Mies van Hout

Vertaler

Rentia Bartlett-Möhl

Illustreerder

Mies van Hout

Verskyningsdatum

November 2015

Aantal bladsye

44

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0172-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Vrolik" te beoordeel
Mandjie