Vriende

R110.00

In rooi en swart en geel – kleure wat jou baba kan sien!

ʼn Byna woordlose prenteboek vir kinders van 0-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede.

Veral vir jong kinders en peuters wat die eerste keer met die kompleksiteit van vriendskap kennis maak, en jong kinders wat begin om eenvoudige woorde te lees.

Ook beskikbaar in Engels: Friends.

10 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

In rooi en swart en geel – kleure wat jou baba kan sien!

ʼn Byna woordlose prenteboek vir kinders van 0-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op ʼn swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein monstertjies uit en sluit aan by Vriende, die vertaling van Vriendjes, ook van Mies van Hout wat in 2015 deur Protea Boekhuis gepubliseer word.

Ook beskikbaar in Engels: Friends.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Mies van Hout (Eindhoven, 1962) werk sedert 1989 as illustreerder en grafiese ontwerper. Sy illustreer veral haar eie kinderboeke, maar ook boeke van Paul Biegel, Vivian den Hollander en Hanna Kraan. In 1988 verskyn haar eerste boek Kiki en Pim: een tweeling van drie. Haar boeke is in meer as twintig tale gepubliseer

 

LESERSPROFIEL:

Babas, kleuters, voorskool.

Veral vir jong kinders en peuters wat die eerste keer met die kompleksiteit van vriendskap kennis maak, en jong kinders wat begin om eenvoudige woorde soos “speel”, “verveel”, “baklei”, “lag” en “liefkoos” te lees.

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .380 kg
Mates 26.5 × 21 cm
Outeur

Mies van Hout

Vertaler

Rentia Bartlett-Möhl

Illustreerder

Mies van Hout

Verskyningsdatum

November 2015

Aantal bladsye

28

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0174-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Vriende" te beoordeel
Mandjie