Vos en Haas

R150.00

vos en haas is

in uil se huis.

uil het ’n eier.

wie se eier is dit?

en wat is in die eier?

uil weet nie….

Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Thé Tjong-Khing se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetliks.

Bekroon met die volgende toekennings:

Jonge Gouden Uil / Nominasie Gouden Uil /Vlag en Wimpel, teks /Vlag en Wimpel, illustrasies

Boekenleeuw /Pluim van die maand Februarie

Die stories akkommodeer alle leesvlakke.  /  Kinders tussen 6 en 12 jaar.

4 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR 

Sylvia Vanden Heede (1961, Zwevegem, België) het grootgeword tussen vyf broers en twee susters. Sy was ’n dromerige kind wat graag geteken en stories geskryf het. Sy het gestudeer in Zwevegem (tale), Brugge (beeldende kuns) en Heverlee (godsdienswetenskappe). Sy het in ’n Christelike boekwinkel gewerk. Sy het haar eerste boek in 1985 vir die Jacob van Maerlant-debuutprys ingeskryf. Die boek het derde gekom en is twee jaar later gepubliseer. Sy woon saam met haar man en drie dogters in Brugge.

LESERSPROFIEL

Die stories akkommodeer alle leesvlakke.  /  Kinders tussen 6 en 12 jaar.

Addisionele Inligting

Gewig .300 kg
Mates 24 × 15 cm
Outeur

Sylvia van den Heede

Vertaler

Daniël Hugo

Verskyningsdatum

2010

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

144

ISBN

978-1-86919-367-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Vos en Haas" te beoordeel
Topverkoper!PRYSWENNER
Mandjie