Vandag is ek ‘n windlawaai

R160.00

Philip de Vos is deur beide Robert Schumann se musiek en die titels geïnspireer om versies van sy eie te maak. Dis versies wat elke kind (en volwassene) op die rak behoort te hê – pragtig saamgestel, omhul met Piet Grobler se mooiste illustrasies.

12 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND   

In 1838 het die komponis Robert Schumann ’n klavierwerk van 13 nommers genaamd Kinderszenen (Kindertonele) geskryf, waarvoor hy later aparte titels gegee het nadat sy vrou, Clara, vir hom gesê het dat hy self soms soos ’n kind is.

Hierdie musiekstukke is dan ook oor die gebeurlikhede en daaglikse ervaringe van ’n kind en ook sy verhouding met sy ouers.

Philip de Vos is deur beide Robert Schumann se musiek en die titels geïnspireer om versies van sy eie te maak.

OOR DIE OUTEUR

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England.

 

LESERSPROFIEL

Kinders (kleuters, voorskool, jeug en tieners) en volwassenes

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.8 × 21.8 cm
Outeur

Philip de Vos

Illustreerder

Piet Grobler

Verskyningsdatum

Januarie 2018

Aantal bladsye

36

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0764-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Vandag is ek ‘n windlawaai" te beoordeel
Mandjie