Van my ouma ‘n groet

R120.00

Van my Ouma ‘n groet is bekende skrywer Trienke Laurie se briefies aan haar kleinkind, Chris.  Met briewe, verse en prente word die afstand tussen hulle van minder belang.

In hierdie bundel deel Ouma gebeurtenisse met haar kleinkind, soms is dit ‘n avontuur en ander kere ‘n versie of prent waarmee Chris deel van hul lewens bly al is hy ver.

In Van my ouma ‘n groet word kinders blootgesel aan dinge wat nie gewoonlik binne hulle ervaringsraamwerk val nie – klein en wonderlike dingetjies soos goue wawielspinnekoppe, die buffelwewer en ‘n janfrederik.  In ‘n gemaklike geselstrant word kinders se nuuskierigheid geprikkel oor dié en ander vreemde gediertes en dinge. Kreatiewe volkleurprente deur ouma Trienke, die kunstenaar, gee lewe aan die stories.

8 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

LESERSPROFIEL
Voorskool, jeug

Addisionele Inligting

Outeur

Trienke Laurie

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

50

ISBN

9780620482554

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Van my ouma ‘n groet" te beoordeel

You may also like…

Mandjie