Tot siens, Vos en Haas

R150.00

“Haai, Vos! Haai, Haas!”

Dit is Uil wat so roep.

Hy sit in sy boom

en wink deur die venster.

“Dis snaaks,” sê Haas.

“Baie snaaks,” sê Vos.

Want vandat Uil ’n eier het,

wil hy niemand sien nie.

 

Vos en Haas uit Sylvia Van den Heede en illustreerder Thé Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-“groeiboek” het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar ’n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees.

Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm ’n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoë groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

“Haai, Vos! Haai, Haas!”  

Dit is Uil wat so roep.

Hy sit in sy boom

en wink deur die venster.

“Dis snaaks,” sê Haas.

“Baie snaaks,” sê Vos.

Want vandat Uil ’n eier het,

wil hy niemand sien nie.

 

Vos en Haas uit Sylvia Van den Heede en illustreerder Thé Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-“groeiboek” het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar ’n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees. Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm ’n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoë groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.

 

OOR DIE OUTEUR

Sylvia Vanden Heede (1961, Zwevegem, België) het grootgeword tussen vyf broers en twee susters. Sy was ’n dromerige kind wat graag geteken en stories geskryf het. Sy het gestudeer in Zwevegem (tale), Brugge (beeldende kuns) en Heverlee (godsdienswetenskappe). Sy het in ’n Christelike boekwinkel gewerk. Sy het haar eerste boek in 1985 vir die Jacob van Maerlant-debuutprys ingeskryf. Die boek het derde gekom en is twee jaar later gepubliseer. Sy woon saam met haar man en drie dogters in Brugge.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Thé Tjong-Khing is in 1933 in Purworedjo, Indonesië gebore. Ná sy skoolopleiding en drie jaar se studie aan die Seni Rupa Kunsakademie in Bandung, gaan hy in 1956 na Nederland om verder te studeer. Hy word egter gou by Toonder Studios aangestel waar hy as strokiesprentkunstenaar werksaam is. Sedert 1971 werk hy voltyds as vryskutkunstenaar van oorwegend kinderboeke. 

 

OOR DIE VERTALER

Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met rees 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal. 

 

LESERSPROFIEL

Die stories akkommodeer alle leesvlakke.  /  Kinders tussen 6 en 12 jaar.

 

Addisionele Inligting

Gewig .300 kg
Mates 24 × 15 cm
Outeur

Sylvia van den Heede

Vertaler

Daniël Hugo

Verskyningsdatum

April 2011

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

144

ISBN

978-1-86919-423-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Tot siens, Vos en Haas" te beoordeel

You may also like…

Mandjie