Beskrywing
AGTERGROND
Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus … daar is ’n groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel!! Wat maak hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig?
Welkom by die wonderlike wêreld van Tillie Appelpit!
OOR DIE OUTEUR
Andreas H. Schmachtl is in 1971 gebore en het kuns studeer. Hy skryf en illustreer al sedert 2007 die oulikste karakter, met baie detail, en skryf wonderlike, avontuurlustige stories van muise, hasies, krimpvarkies en ander klein diertjies wat se beskerming vir hom baie na aan die hart lê.
LESERSPROFIEL
Diereliefhebbers
Voorskool en jong jeug










Resensies
Daar is tans geen resensies nie.