Beskrywing
AGTERGROND
Ek gaan strand toe. Ek het my duikbril en my snorkel, my emmertjie en grafie, my paddavoete, my swemklere en my groot, geel tjoep …
Kom saam op die verbeeldingsreis van ’n seuntjie wat ’n vliegtuig, ’n seilboot, ’n lorrie en ’n kameel benodig vir sy uitstappie na die see. Vir sy terugtog benodig hy natuurlik ’n tenkskip, ’n helikopter, ’n fiets en ’n trekker!
Bekoorlike kleurillustrasies vul elke bladsy. Dié publikasie het reeds met groot sukses in Spaans en Engels verskyn in Spanje en Engeland.
OOR DIE OUTEUR
Thomas Docherty is in Nieu-Seeland gebore, maar het in Engeland grootgeword. Hy verwerf ’n graad in beeldhou en metaalwerk, tog bly teken sy groot liefde. Ná ses jaar in Spanje, waar hy Pip and the lost dream geskryf het, keer hy terug na Engeland, waar hy tans woon. (Protea Boekhuis het in 2006 Pip and the lost dream as Anna se verlore droom uitgegee.)
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool









Resensies
Daar is tans geen resensies nie.