Spaghetti vir die Jeti

R160.00

“Hiep hoera!” skree Janneman. “Oplaas het ek my jeti!”

Maar die monster grom en brom verstom: “My naam is liewe Bettie!”

Kom soek saam met Janneman na die jeti. Met net ’n kaart, ’n warm mus en ’n blik spaghetti in sy rugsak, klim Janneman teen ’n berg uit en as hy bo kom, sien hy dadelik die jeti! Maar wag so bietjie … kyk net daardie lipstiffie! Kan dit regtig die jeti wees?

 

 

7 in voorraad (kan steeds bestel word)

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

“Hiep hoera!” skree Janneman. “Oplaas het ek my jeti!”

Maar die monster grom en brom verstom: “My naam is liewe Bettie!”

Kom soek saam met Janneman na die jeti. Met net ’n kaart, ’n warm mus en ’n blik spaghetti in sy rugsak, klim Janneman teen ’n berg uit en as hy bo kom, sien hy dadelik die jeti! Maar wag so bietjie … kyk net daardie lipstiffie! Kan dit regtig die jeti wees?

Spaghetti with the yeti is in 2013 benoem vir die Roald Dahl Funny Prize. Dié snaakse avontuurverhaal is nou in Philip de Vos se sprankelende Afrikaanse rymvertaling beskikbaar.

 

OOR DIE OUTEURS

Adam en Charlotte Guillain is ’n skrywerspaar van Engeland wat saam agt kinderboeke gepubliseer het. Adam het uitvoerende kunste studeer, waarna hy as joernalis, laerskoolonderwyser en skrywer by die Roald Dahl-museum in Oxford werksaam was. Hy is ook die outeur van sewe jeugverhale en die Bella Balistica-reeks. Charlotte, wat vandag werksaam is in die uitgewersbedryf, is die outeur van meer as 20 fiksie- en niefiksietitels. Die Guillains woon in Oxford, waar Adam verbonde is aan die Story Museum.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Lee Wildish is ’n baie bekende Britse kinderboekillustreerder.

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

 

LESERSPROFIEL

Kinders van 3-9 jaar oud

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .300 kg
Mates 24.5 × 27.5 cm
Outeur

Adam & Charlotte Guillain

Illustreerder

Lee Wildish

Vertaler

Philip de Vos

Verskyningsdatum

November 2015

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

36

ISBN

978-1-4853-0113-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Spaghetti vir die Jeti" te beoordeel
Mandjie